Geingob terug uit Amerika na kankerbehandeling

President Hage Geingob het gisteraand uit Amerika teruggekeer na ‘n twee-dag nuwe behandeling vir kanker. Die president is tans in ‘n hospitaal in Windhoek. Die Presidensie sê in ‘n verklaring dat die mediese wetenskaplikes wat Geingob genooi het om die nuwe behandeling, wat nog in ‘n proeffase is te onderneem, het hulle daartoe verbind om die tegnologie na Namibië uit te rol tot voordeel van ander Namibiërs nadat finale goedkeurings verkry is. Die president sal die res van sy behandeling in Namibië ondergaan. Hy sal ook sy pligte delegeer aan die vise-president, die eerste minister, die adjunk-premier, ander lede van die kabinet en die uitvoerende hoof as hy hulle nie kan nakom nie weens sy behandeling.