Wolprodusente moet daling in verkope verwag

Wolprodusente in die Oos-Kaap kan weens die erge droogte ‘n effense afname in wolverkope verwag. Dit is volgens Cape Wools SA wat onlangs sy 2020-2021 wolmarkseisoen afgesluit het. Die hoofbestuurder, Deon Saayman, sê die afgelope seisoen se kwaliteit was redelik dieselfde as dié van die vorige seisoen. As gevolg van die droogte was daar egter baie plantmateriaal in die wol. Hy verduidelik dat Covid-19-regulasies ook die droogtegeteisterde Oos-Kaapse boere se handel negatief beïnvloed.