Woestyn-leeus doen goed – ministerie

Die Namibiese ministerie van omgewingsake sê hy het ondersoek ingestel na die toestand van woestyn-aangepaste leeus in die noordweste van die land. Vandag word Wêreld Leeu-dag herdenk en in ‘n verklaring deur die ministeriële woordvoerder Romeo Muyunda vertoon die leeus wat territorium in die verre westelike dele van die Kunene-streek handhaaf, redelik swak maar is nie in ‘n erge toestand nie. Prooidiere het ook reeds teruggekeer en volgens Muyunda sal die diere verder kan oorleef veral nadat hulle die afgelope erge droogte deurgemaak het. Troppe in die oostelike dele van die streek floreer volgens hom. Hy voeg by dat 35 leeus nekbande ontvang het en dat in samewerking met ongeveer 50 leeuwagters, sal die diere verder gemonitor word.