WKOD ontvang meer as 50 000 aansoeke vir 2024

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê hy het reeds 51 628 registrasie-aansoeke vir die 2024 akademiese jaar ontvang. Die LUR, David Maynier, sê daar was egter ‘n paar tegniese foute met die stelsel. Hy het ouers en versorgers aangeraai om gebruik te maak van die departement se toelatingstelsel.