Wits-studente onder erge druk

Die Wits-universiteit se studenteraad het versoek dat ‘n vensterperiode van 24-uur tussen alle eksamens ingestel moet word. Dit volg na twee studente op die kampus selfmoord gepleeg het. Die SR sê geestesgesondheid en druk wat studente aan die universiteit ondervind, is bydraende faktore tot die voorkoms van selfmoord onder studente. Die raad het ‘n beroep op die universiteit gedoen om met die saak te help. Hulle het ook versoek dat studente toegelaat moet word om ‘n eksamen uit te stel as hulle druk ervaar, sonder om mediese sertifikate in te dien.