Witrenoster-klafie is dood

Die witrenoster-kalf wat deur SANParke gered is nadat hy wees gelaat is as gevolg van ‘n onlangse stropingsvoorval, is dood. Care for Wild in Mpumalanga het onverpoosd gewerk om die kalf te probeer red nadat veldwagters van SANParke hom verlede maand in die Manyeleti-natuurreservaat gekry het. Die kalf was in ‘n swak toestand met ‘n wond aan sy nek en ‘n beseerde skouer. Die klein renostertjie is ook vir skok, ontwatering, pyn en hipotermie behandel.