Withuis verwelkom verbod op Texas aborsiewet

Die Withuis het ‘n beslissing van ‘n federale regter verwelkom wat die afdwing van Texas se omstrede nuwe aborsiewetgewing gekeer het. Die wet verbied dokters om ‘n aborsie uit te voer as hulle ‘n fetale hartklop binne die eerste ses weke van ‘n swangerskap op ‘n sonarskandering opspoor. Die Withuis se woordvoerder, Jen Psaki, sê die uitspraak is ‘n belangrike stap om die grondwetlike regte van vroue in Texas te beskerm. Sy voeg by die stryd in Texas en in talle ander state in die land waar vroueregte bedreig word, het nou maar eers begin.