Withuis sê Oekraïne se fondse raak op

Die Withuis het die Kongres gewaarsku dat fondse om Oekraïne te help teen die einde van die jaar uitgeput sal wees indien nuwe befondsing nie bekom word nie. In die brief verklaar die regering dat hy reeds sowat 2,1 triljoen Namibiese dollar aan militêre hulp vir Oekraïne bewillig het. Die bestuur- en begrotingsdirekteur in die Withuis, Shalanda Young, sê indien meer geld nie beskikbaar gestel word nie, sal dit Oekraïne op die slagveld kniehalter. Sy sê dit sal nie net Kiëf se suksesse in gevaar stel nie maar oor die moontlikheid vergroot dat Rusland militêre oorwinnings behaal.