Poging tot brandstigting op Opuwo

Die polisie sê ‘n vreemde voorval van poging tot brandstigting het  op Opuwo by ‘n vulstasie plaasgevind. ‘n 29 jarige man het by die vulstasie opgedaag en geëis om met die bestuurder te praat. Toe die bestuurder aankom het die man ‘n vuurhoutjie brand gesteek en na die petrolpomp beweeg. Toe die uitbrand het hy nog een aangesteek maar, teen die tyd het sekuriteitswagte en lede van die publiek die man oorrompel en die polisie geskakel. ‘n Ondersoek is geloods.