Withuis bevestig Pres. Joe Biden vandag in gesprek met bondgenote

Die Withuis het bevestig die Amerikaanse president, Joe Biden, sal vandag ‘n sekerheidsgesprek met bondgenote en vennote voer om verwikkelings en reaksies op Rusland se aanval op die Oekraïne te bespreek. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering bespreek tans ‘n voorstel waarin Rusland se inval veroordeel word. Die G7 het gister gedreig met nuwe sanksies toe die top-Amerikaanse diplomaat, Antony Blinken, gesê het die groep van ryk nasies stem ten volle saam oor Moskou se inval. Rusland staar ‘n vlaag sanksies in die gesig, insluitend ‘n verbod op die Westerse lugruim en belangrike finansiële netwerke.