Witbooi se aanmerkings by haweloses is onaanvaarbaar – PDM

Reaksie word ontvang op berigte dat die Swapo-parlementslid Lucia Witbooi haweloses by die Kupferberg-stortingsterrein toegespreek het en gesê het hulle het rede om trotse Namibiërs te wees omdat Swapo so baie oor die afgelope jare bereik het. Nico Smit, veteraan parlementslid van die PDM-party sê haar aanmerkings is onaanvaarbaar, maar tipies van die regerende party.