Wit bakkie wat vermoedelik ongeluk veroorsaak, steeds soek

Die Namibiese polisie is steeds op soek van die bestuurder van ‘n wit bakkie wat vermoedelik die noodlottige ongeluk 25 kilometer suid van Otjiwarongo veroorsaak het. Ses mense is dood na die bakkie na bewering in die verkeerde baan gery het. Die motor het ook weggejaag. Die ongeluk het rondom een-uur plaasgevind. Inspekteur Maureen Mbeha van die Otjozondjupa polisie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.