Wat was daardie fliek? Snakes on a plane?

‘n AirAsia-vlug moes dringend land na ‘n passasier ‘n slang in die daklig van die Airbus A320 gesien het. Die binnelandse vlug onderweg van Kuala Lumpur in Maleisië was op pad Tawau. Die passasier het ‘n video op TikTok gedeel onder die gebruikersnaam E-dal Tay wat die slang duidelik wys. Die redery sê dit is uiters skaars dat slange op ‘n vliegtuig gewaar word.