Winnie Mandela word vereer

Die Suid-Afrikaanse minister van Sport, Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, het die naamsverandering van Brandfort in die Vrystaat na Winnie Mandela goedgekeur. Die naamsverandering is ingevolge die buurland se Wet op die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name in die staatskoerant afgekondig. Die apartheid-regering het die ontslape stryd-ikoon in 1977 na Brandfort verban. Winnie Madikizela-Mandela is in 2018 in die ouderdom van 81 oorlede. Die DA sê die naamsveranderingsproses was gebrekkig en die munisipaliteit kan nie die uitgawe wat betrokke is bekostig nie.