Windies wen laaste T20, Australië beklink reeks 2-1

Krieket: Die Windies het Australië met 37 lopies verslaan in die laaste T20 in Perth, met die gashere wat die reeks 2-1 beklink het. Die besoekers het 220 vir ses aangeteken, met Andre Russel wat 71 bygedra het en Sherfane Rutherford ‘n onoorwonne 67. Australië het met net 183 vir vyf geantwoord ondanks David Warner se 81. Russel is aangewys as die speler van die wedstryd, en Warner as die speler van die reeks. Die reeks van twee toetse het vroeër gelykop geëindig terwyl Australië die eendagreeks 3-nul gewen het.