Windies beklink T20-reeks teen Proteas

Krieket: Wes-Indië het Suid-Afrika in Kingston, Jamaica, met 16 lopies geklop om die voortou met 2-0 te neem in die reeks van drie Twintig20-wedstryde. Die Proteas, wat 208 gejaag het, kon slegs 191 vir sewe in hulle 20 boulbeurte aanteken. Die Suid-Afrikaners het goed begin tot Quinton de Kock vir 41 en Reeza Hendricks vir 34 uitgehaal is. Die paaltjies het daarna met gereelde tussenposes geval. Die derde en laaste wedstryd is vanaand.