Deel kos met ander in droogte: Mbumba

President Nangolo Mbumba versoek Namibiërs om kos en ander basiese geriewe met ander te deel te midde van die droogte. Hy het ook polisiebeamptes aangemoedig om op te hou om mense te verbied om mahangu van oor die grens met buurlande die land in te bring. Mbumba sê die penarie waarin Namibië hom bevind is ‘n uitdaging, veral vir huishoudings met geen bronne van inkomste nie en wat uitsluitlik van gewasse afhanklik is. Die regering sal egter kos en water voorsien, sê Mbumba, selfs al moet hulle geld leen om dit te doen. Hy het gepraat tydens die sooispit-seremonie van die Ondonga Erfenis Heiligdom in Ondonga in die Oshana-streek.