Windhoekers voel aardskudding

Sommige inwoners in en rondom Windhoek is vroeg vanoggend na vyf-uur in hul beddens wakker geskud weens ‘n aardskudding. Die aardskudding het volgens berigte noord-oos van Windhoek op ‘n diepte van tien kilometer vir enkele sekondes plaasgevind, maar dit is nie amptelik bevestig nie. Twaalf mense het die aardbewing op ‘n aardbewing-webtuiste aangemeld en seismiese data by die Windhoekse seismiese stasie dui aan dat die aardskudding op sowat drie op die Richterskaal gemeet het. Inwoners op die Finkenstein-landgoed oos van die hoofstad sê die skudding het intens gevoel en geklink. Inwoners van Brakwater en Elisenheim noord van Windhoek het die skudding gevoel met huise se vensters wat vibreer het.