Wes-Kaap vra beurtkragverligting vir boere tydens oesseisoen

Die Wes-Kaapse regering vra Eskom om spesiaal voorsiening te maak vir boere tydens beurtkrag. Die pleidooi kom terwyl boere in die provinsie vir die oes-seisoen voorberei. Die LUR vir landbou, Ivan Meyer, vra vir ‘n beurtkrag-skedule wat die noodsaaklike behoeftes van die landbousektor sal akkommodeer. Meyer sê die provinsie behartig 53 persent van Suid-Afrika se landbou-uitvoere.