Windhoek vervang ou bouregulasies

Stad Windhoek het besluit om hul verouderde bouregulasies te vervang. Die bouregulasies dateer uit 1969. Volgens die woordvoerder, Lydia Amutenya sal die finale ontwerp van die regulasies soos deur die raad goedgekeur, eerns na die wetskrywers van die justisieminsterie deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gaan. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die nuwe regulasies al eers van krag wees sodra dit in die Staatskoerant gepubliseer is.