Windhoek stadsraad gaan Rhino Garment hoofpakhuis verhuur

Die Windhoekse stadsraad het tydens ‘n raadsvergadering die aansoek deur die Nasionale Noordsorgsentrum goedgekeur om die hoofpakhuis van Rhino Garment te huur vir die oprigting van ‘n COVID-19 noodsentrum. Die aansoek is goedgekeur op voorwaarde dat die nodige goedkeuring van die gesondheidsministerie verkry moet word. Die aansoeker is verantwoordelik vir die lopende uitgawes, insluitend water, elektrisiteit en sekuriteitsdienste, maar betaal nie huur nie, omdat dit as ‘n edele projek geag word. Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek.