Windhoek Stadspolisie maan teen grypdiewe

’n Video van gryp-inbraak uit ‘n voertuig is op sosiale media in omloop. Dit blyk die voorval het plaasgevind tydens ‘n verkeersopeenhoping en die voertuie stadige gery. Een van die twee mans wat langs ‘n pad geloop het, het blykbaar ‘n klip opgetel het, die agterruit van ‘n motor stukkend geslaan en probeer om ‘n handsak van ‘n passasier in die motor te gryp. Daar was weerstand van binne in die motor en insittendes van die motor agter het probeer help. Die twee mans het weggehardloop. Hoof van die Windhoekse Stadspolisie, Abraham Kanime, waarsku die publiek om hul besittings buite sig in ‘n voertuig te plaas.