Windhoek se water: Kontaminasie kom meestens in lang pype

Daar is gerugte dat die water-kwaliteit wat deur Stad Windhoek voorsien word nie voldoen aan internasionale standaarde vir voedselvervaardiging nie. Talle aanlegte in die hoofstad het reeds versuiweringstelsels aangebring. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by Ian Collard, die hoof van die NMI-groep om uit te vind hoe hulle maak by hul pasta-aanleg. Hy meen die langer pype dra ‘n groter risiko vir kontaminasie.