Windhoek se middestad trek nuwe baadjie aan

Volgens die skakelbeampte van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, sal die oostelike ingang van Post Street Mall vanaf 18 Oktober tot 12 Desember gesluit sal wees vir ontwikkelingsopgradering. Sy sê die stad wil hiermee weer die lewenskragtigheid van die middestad herstel. ‘n Voetgangerpaadjie om meer kliënte te lok, is deel van die opgradering. Parkering aan die oostelike kant sal egter nie tydens hierdie tydperk beskikbaar wees nie en ‘n valhek sal geïnstalleer word. Amutenya vertel meer oor die opgradering aan Kosmos 94.1 Nuus.