Windhoek se krematorium weer buite werking

Stad Windhoek het aangekondig dat die krematorium tans groot onderhouds-herstelwerk ondergaan. Geen verassings sal vir ‘n onbepaalde tydperk by die krematorium kan plaasvind nie. Stad Windhoek sê sy tegnici werk hard daaraan om die krematorium te herstel en terugvoering sal gegee word sodra dit weer in werking is.