Windhoek is gevaarliker as Damascus, Baghdad

Luidens die jongste veiligheidsindeks deur Numbeo is Windhoek 35ste uit 453 stede geplaas vir misdaadrisiko. Die stad het ‘n veiligheidsindeks van 31,36 uit 100. Die gevaarlikste stad in die wêreld is Caracas in Venezula met ‘n veiligheidsindeks van 16,02. Die tweede gevaarlikste stad ter wêreld is Pretoria met ‘n veiligheidsindeks van 18,02. Durban is sesde geplaas op 19,4 en Johannesburg lê sewende op 19,45. Port Elizabeth is die 12ste gevaarlikste stad met ‘n veiligheidsindeks van 23,56. Bloemfontein is 25ste met 28,68. Al die stede, Windhoek inkluis, is gevaarliker as Damascus in Sirië, wat 39ste geplaas is en selfs Baghdad, wat 91ste geplaas is. Die veiligste stad in die wêreld is Abu Dhabi met ‘n veiligheidsindeks van 88,33.