Windhoek-inwoners kan nou herwinbare rommel verkoop

Stad Windhoek saam met sy verskeie vennote het vandag ‘n skoonmaakveldtog van stapel gestuur wat daarop gemik is om Windhoek se eertydse glorie as die skoonste stad in Afrika te herwin voordat dit deur Kigali, die hoofstad van Rwanda, weggeneem is. Die burgemeester van Windhoek, Sade Gawanas, sê die stad sal twee terugkoop-sentrums vir rommel bou, waar inwoners rommel, meestal herwinbare items, in ruil vir geld kan verkoop.