Windhoek het geen planne om ‘n 5G-netwerk uit te rol nie

Stad Windhoek sê hy het geen planne om ‘n 5G-netwerk in die hoofstad te installeer nie, maar sal voortgaan met die operasionalisering van sy veselprojek. Die stad se woordvoerder Harold Akwenye sê die munisipaliteit beplan tans om die bestaande netwerkinfrastruktuur op te gradeer en uit te brei om probleme soos onvoldoende bandwydte aan te spreek, netwerkspoed te verhoog en ou infrastruktuur op te gradeer. Dit kom omdat die munisipaliteit tydens sy raadsvergadering wat Woensdag gehou is, volgehou het dat hy nie die 5G-projek goedgekeur het nie,  en ook nie 5G-toerusting verkry het nie. Daar is ook geen memorandum van verstandhouding aangegaan nie. Die lisensie wat aan die Stad toegeken word, maak voorsiening vir die verskaffing van omvattende telekommunikasiedienste, insluitend die konstruksie en instandhouding van netwerkfasiliteite, selfoon- of vastelyntelefoondienste, en is geldig vir 15 jaar.