Windhoek het die afgelope tyd die meeste nuwe Covid-19 gevalle

Windhoek het die afgelope tyd byna die helfte van alle nuwe bevestigde Covid -19 gevalle gehad uit die gemiddeld van 262 per dag.Die Namibiese ministerie van Gesondheid het ook bevestig dat daar 391 nuwe gevalle is.Windhoek 155, Oshana 51,Swakopmund 23, Luderitz 21, Omuthiya 16 en Rundu 15. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 3 589 aktiewe gevalle , 50 241 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 54 659. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 818.