Windhoek bly die brandpunt van die Covid-19-pandemie

Windhoek bly steeds die brandpunt van die Covid-19-pandemie met 568 nuwe gevalle
uit die 1 403 bevestigde gevalle in die land. Oshakati het 102,Walvisbaai 86, Rundu 81,
Swakopmund 68, en Keetmanshoop 53. Die res is oor die land versprei. Daar is reeds
tot op hede 490 515 Covid-19 toetse landwyd gedoen. Daar is op die oomblik steeds 12
743 aktiewe gevalle met 59 249 wat reeds herstel het. Die sterftesyfer staan op die
oomblik op 1 161.