Windhoek bied IKR T20 Afrika-kwalifiserende reeks aan

Die Afrika-kwalifiserende reeks vir die IKR Mans T20 Wêreldbeker sal in Windhoek aangebied word. Deelnemende spanne sluit in Kenia, Tanzanië, Rwanda, Zimbabwe, Uganda, Nigerië en natuurlik Namibië. Volgens Krieket Namibië begin die wedstryde op 22 November op United en Wanderers in die hoofstad en duur tot 30 November. Die Richelieu Eagles-span is reeds aangekondig. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Krieket Namibië, Rudie van Vuuren, gepraat.