Winde gewildste SA-leier

‘n Verslag van die navorsingsmaatskappy Decode Communications oor Suid-Afrikaanse regeringsleiers op Twitter in 2021, plaas die Wes-Kaapse premier Alan Winde onder die tien provinsiale leiers wat die meeste gevolg word. Winde het ‘n rekord van 47 600 volgelinge op Twitter en die Wes-Kaapse LUR van Finansies, David Maynier, het 29 000. Die stigter van Decode Communications, Lorato Tshenkeng, sê regeringsamptenare behoort van Twitter-rekeninge gebruik te maak omdat dit ‘n maklike manier is om met mense in die gemeenskap te kommunikeer.