Wimbledon: Anderson teen Djokovic

Die Suid-Afrikaner, Kevin Anderson, het ‘n reuse taak om te verrig indien hy verder wil vorder as die tweede ronde van vanjaar se Wimbledon-toernooi by die All England Club. Hy kom teen die wêreld nommer-een en verdedigende kampioen, Novak Djokovic te staan. Djokovic het Jack Draper in vier stelle geklop, terwyl Anderson self vier stelle benodig het om Marcelo Tomas Barrios Vera te klop. Die Serwiër het die Suid-Afrikaner verslaan tydens die eindstryd in 2018.