Willem Konjore, 75, sterf

Ds. Willem Konjore is volgens berigte vanoggend oorlede in die Lady Pohamba privaathospitaal in Windhoek. Hy was 75. Konjore was in 2005 aangestel as die minister van toerisme en in 2008, as minister van sport. Dit is nie bekend of die oorsaak Covid-19 was nie. Henny Seibeb van die LPM het by saam met Konjore in 2005 gewerk as sy assistent. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.