Willem Breytenbach se aansoek om saak teen hom te laat vaar, van die hand gewys 

Die Kaapstadse streekshof het die aansoek van ‘n voormalige werknemer van Media24, Willem Breytenbach, van die hand gewys om die saak van seksuele aanrading teen hom te laat vaar. Hy is aangekla nadat Deon Wiggett sekere bewerings in sy podsending, My Only Story, gemaak het. Breytenbach het die hof gevra om die saak uit te gooi. Hy was vroeër ʼn onderwyser by Grey Kollege en was ʼn mentor vir voornemende joernaliste. Die saak is tot 14 Julie uitgestel.