Will Smith sê jammer aan Chris Rock

Will Smith het Chris Rock om verskoning gevra nadat hy hom by die Oscars geklap het en gesê sy gedrag is “onaanvaarbaar en onverskoonbaar”. Op sy Instagram-rekening het Smith gesê hy wil Rock in die openbaar om verskoning vra. Hy sê hy was verkeerd. Dit kom nadat die Oscars-rolprentakademie Smith oor die voorval veroordeel en ’n formele hersiening van die gebeure aangekondig het. Smith het Rock in die gesig op die verhoog geklap nadat die hy wat Rock is, ’n grap gemaak het oor die Smith se vrou, Jada.