5 000 burgerlikes sterf in Mariupol

Die burgemeester van die Oekraïnse stad Mariupol sê daar was 200 kinders onder die 5 000 mense wat in die Russiese beleg dood is. Vadym Boychenko het gereageer op die vyandighede in die stad sedert die begin van die maand en sê 90 persent woonplekke en hospitale is reeds deur bom- en missielaanvalle beskadig of vernietig. Volgens berigte het sowat 290 000 van die stad se inwoners voor en gedurende die aanvalle gevlug. Intussen beplan Oekraïnse en Russiese onderhandelaars om vandag in Turkye te vergader om ‘n moontlike skietstilstand te bespreek.