Wikipedia appelleer in Russiese hof na verbod oor oorlog-inligting

Wikipedia se eienaars appelleer teen ‘n Russiese hof se besluit dat hy die inligting oor die land se inval in Oekraïne van sy platform moet verwyder. Die aanlyn ensiklopedie voer aan Russe het die reg om bewus te wees van die feite. Die hof in Moskou het die Wikimedia-stigting met meer as 2 miljoen Namibiese dollar beboet weens sy weiering om Russiestalige artikels wat as waninformasie beskryf is te verwyder. Wikimedia sê in ‘n verklaring die uitspraak impliseer dat bevestigde inligting uit goeie bronne wat nie met die Russiese regering se weergawe ooreenstem nie, onwaar is.