Erge koue vandeesweek in Namibië verwag
’n Erge kouefront sal na verwagting hierdie week in dele van Namibië inbeweeg en inwoners word versoek om voor te berei vir ’n aansienlike daling in temperature, winderige weer en moontlike reënval in die Karas-streek. Hierdie koue front wat ons kan verwag, is hoofsaaklik te wyte aan die ysige temperature wat in die Wes-Kaap in Suid-Afrika ervaar word. Odillo Kgobetsi, hooftegnikus by die Namibië Meteorologiese Diens praat met Kosmos 94.1 Nuus.