Wie sal Prins Philip se diens bywoon?

Daar word wyd bespiegel oor wie die 30 uitverkores gaan wees wat toegelaat gaan word om Prins Philip se begrafnis by die Windsor-kasteel by te woon. Buckingham-paleis het bevestig daar gaan Saterdag in die St George-kapel amptelik van Koningin Elizabeth se man afskeid geneem word. Prins Harry, wat tans nie so goed oor die weg kom met die koninklike familie nie, sal na verwagting van Amerika af in vlieg. Verteenwoordigers van die Leër, die Lugmag en die Koninklike Vloot gaan glo ook teenwoordig wees wanneer die Hertog van Edinburgh se kis na die kapel vervoer word.