Wie gaan SA Rugby se Speler van 2022 wees?

Rugby: Drie ervare Springbokke is vir die tweede agtereenvolgende jaar benoem vir die gesogte SA Rugby se Speler van die Jaar-toekenning vir 2022 – Lukhanyo Am, Eben Etzebeth en Siya Kolisi. Hulle sal opgeweeg word teen Frans Malherbe en Kurt-Lee Arendse. Die volgende geslag spelers in nasionale geledere is benoem as Jong Speler van die Jaar wat net spelers onder 23 oorweeg. Hulle is Sacha Feinberg-Mngomezulu, Jaden Hendrikse, Canan Moodie, Evan Roos en Henco van Wyk.