WHS bring môre hulde aan Benn Visser

Windhoek Hoërskool bring môre hulde aan die 17-jarige Benn Visser, die graad 11-leerder wat die naweek ná ‘n ongeluk gesterf het. Alle leerders, ouers, onderwysers en personeellede kry môre die geleentheid om ‘n huldeblyk aan Benn te bring met blomme, kerse en briewe in die voorportaal van die skool. Alle leerders mag hierdie week ‘n swart lint of armband skool toe dra, as ‘n teken van hul ondersteuning en omgee. Die waarnemende skoolhoof van WHS, Dinette de Beer, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.