Whk se Oktober bouplanne vertoon beter

Stad Windhoek het in Oktober 271 bouplanne goedgekeur wat ‘n toename van net minder as 19 persent teenoor September verteenwoordig. Die waarde van die planne het ook met 40,2 persent toegeneem. Daar is 2 090 planne sedert die begin van die jaar goedgekeur met ‘n beraamde waarde van 1,63 miljard Namibiese dollar. Volgens IJG Sekuriteite in die hoofstad, is die syfer net 5,8 persent hoër as verlede jaar en dus meen die makelaarsfirma dat 2021 se bouplanne nie veel hoër sal wees as 2020 nie.