Azaan en haar broer vra vandag vir borg

Moordbeskuldigdes Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu sal vandag om borg aansoek doen in die laerhof in Walvisbaai. Dit volg na die twee op 17 Novermber onskuldig gepleit op alle klagte in verband met die moord op Shannon Wasserfall. Madisia en haar jonger broer is vroeg in November verlede jaar in hegtenis geneem. Daar word aangevoer dat hulle Wasserfall in April verlede jaar vermoor het en haar liggaam in ‘n vlak graf net buite die kusdorp begrawe het. Volgens die staat het Mulundu sy ouer suster gehelp om Wasserfall se liggaam te versteek. Wasserfall se dood het gelei tot wydverspreide optogte teen geslagsgeweld.