Whk-raadslede wil weet van aanstelling van hoof

Stad Windhoek se aanstelling van die uitvoerende hoof is sedert Robert Kahimise in November 2020 die pos verlaat het, nog nie voltooi nie. Volgens berigte het raadslede reeds geëis dat ‘n verslag oor die vordering van die proses by die volgende raadsvergadering voorgelê word. Vyf top-kandidate het reeds deur die onderhoud-proses gegaan en volgens berigte is die huidige hoof van die Paaie-owerheid, Conrad Lutombi, die kandidaat wat nie net gedurende die onderhoud presteer het nie, maar ook in die psigometriese toetse. Blykbaar is die bestuurskomitee nie ten gunste van sy aanstelling nie omdat hy ‘n ondersteuner van die Swapo-party is. Verskeie aantygings word deur die bank gemaak en sommige raadslede meen die proses word aspris vertraag.