White Ribbon-veldtog op 29 Januarie

Die White Ribbon Namibia sal op 29 Januarie by die veldtog van ander geslagsgeweld- en menseregte-aktiviste, sowel as internasionale organisasies aansluit met ‘n aanlyn gesprek om op gesinsgeweld teen mans en seuns te fokus. Hierdie besprekings word aangemoedig met huishoudelike geweld teen mans en seuns wat óf nie aangemeld óf ernstig opgeneem word nie. Die aanlyn gesprek vind om vyf-uur die middag op White Ribbon se Facebook-blad plaas. Charles Simakumba, die stigter van White Ribbon Namibia, wat deel van die besprekings sal vorm, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie soort gesinsgeweld bly in die meeste gevalle ongestraf.