WGO waarsku teen mens-tot-hond-oordrag van aappokke

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het troeteldiereienaars gemaan om te verhoed dat diere blootgestel word aan aappokke. Dit volg nadat die eerste geval van mens-tot-hond-oordrag van die siekte verlede week in Parys aangemeld is. Rosamund Lewis van die WGO doen ‘n beroep op mense wat met die virus besmet is om hulself van hul troeteldiere af te sonder. Lewis waarsku verder teen die risiko wat knaagdier-afval en ander diere buite die huishouding inhou. Ongeveer 35 000 gevalle is in 92 lande bevestig en 12 sterftes is met die uitbreking verbind.