WGO verwelkom G20 verbintenis tot billike entstofverspreiding

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die ooreenkoms van die G20 gesondheidsministers verwelkom oor die belangrikheid om 40 persent van die wêreld se bevolking teen die einde van die jaar teen Covid-19 in te ent. Die ministers het in Italië vergader waar hulle opnuut hul verbintenis tot wêreldwye solidariteit, billikheid en ‘n multi-laterale benadering asook doeltreffende oorsig verklaar het, insluitend die ondersteuning van die WGO se leierskaprol in die optrede teen Covid-19. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê entstofgelykheid is moreel- en ekonomies-gesproke asook van uit ‘n epidemiologiese perspektief die regte ding om te doen.