WGO veroordeel dodelike aanval op hotel in Mogadishu

Die Wêreldgesondheids-organisasie veroordeel ten sterkste ʼn dodelike aanval op ʼn hotel in Mogadishu, Somalië, wat die lewens van 16 mense geëis het. Die terroristegroep, Al-Shabaab, het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Onder die slagoffers was ʼn werknemer van die WGO en meer as 20 mense is beseer. Die organisasie sê hy bly daartoe verbind om gesondheid te bevorder en op noodsituasies in Somalië te reageer, maar terselfdertyd voorkeur te gee aan die veiligheid en sekerheid van sy personeel vir doeltreffende optrede wat lewens red.