SA landbousektor groei die afgelope drie jaar met 25%

Die Nasionale Landbou-bemarkingsraad in die buurland sê daar is beduidende verbeterings in voedselsekerheid nadat die volume en omvang van produksie die afgelope 18 jaar verdubbel het. Die senior landbou-ekonoom by die raad, Sifiso Ntombela, het aan Food for Mzansi, gesê die landbousektor het ook die afgelope drie jaar met 25 persent gegroei. Hoewel die proses lofwaardig is, glo Ntombela daar is steeds uitdagings soos bekostigbaarheid en toegang tot voedsel weens swak ekonomiese groei en hoë werkloosheids-koerse in huishoudings.